My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

 Back   Print  Bookmark


Gasvryheids-bestuur

Talle Graad 12-leerders is vinnig besig om die einde van hul skoolloopbane te nader. Die werklike lewe wink en tog is soveel van hulle steeds onseker oor hul toekoms. Om die oorhand in die arbeidsmark te kry, is dit uiters raadsaam vir matrikulante om ná matriek hul opleiding voort te sit, sodat hulle kompeterend in hul gekose veld kan wees. Het jy al ooit 'n loopbaan in die gasvryheidsbedryf oorweeg?  

Gasvryheidsbestuur is 'n veld wat deur individue bestudeer word wat van plan is om in die breër gasvryheidsbedryf te werk, byvoorbeeld in hotelle en restourante, op wildplase en by casino's en gebeurtenis-sentrums.

Gasvryheidsbestuur is een van die wêreld se vooraanstaande ontwikkelaars van werk en daar word voorspel dat hierdie wêreldbedryf in die volgende tien jaar sal voortgaan om nog 130 miljoen werke by te voeg. Die groei in hierdie bedryf het 'n kolossale aanvraag na bestuurders en uitvoerende personeel geskep. Gasvryheidsbestuur is 'n mededingende omgewing waarin die beste posisies vir aansoekers met toepaslike kwalifikasies byna gewaarborg word. Alhoewel gasvryheidsbestuur weliswaar nie vir almal is nie, is dit 'n prettige, opwindende en bevredigende bedryf om in te werk. Diegene wat gasvryheidsbestuur as 'n loopbaan oorweeg, moet goeie verbale en skriftelike bekwaamhede en buitengewone interpersoonlike vaardighede aan die dag lê.

Mense wat vir besigheids-of ontspanningsdoeleindes reis, soek 'n huis weg van die huis af en die bestuur van hotelle en gastehuise poog om huislike geriewe te bied.

Gasvryheidsbestuur behels die volgende, asook baie meer:

  • Beplanning, bestuur en koördinering van die bediening van voedsel en drank, gastedienste, instandhouding en personeelontwikkeling
  • Toewysing van take en prioriteite, koördinering van hulpbronne en ontwikkeling van besigheidsplanne en bemarkingstrategieë
  • Onderneming van bestuurstake van die onderneming soos geboubestuur, boukoste, huur, instandhouding, beligting en krag
  • Beheer van kapitaal en bedryfsbesteding
  • Versekering dat regerings-gesondheid-, beroepsveiligheid- en lisensiëringsregulasies nagekom word
  • Uitvoering van bemarkings- en verkoopaktiwiteite
  • Voorbereiding van verslae
  • Bestuur van die sekuriteit van die onderneming en sy personeel
  • Publisiteit deur skakelbeampte-aktiwiteite in die plaaslike en nasionale besigheidsgemeenskap, verkope en bemarking.

Die gasvryheidsbedryf is 24 uur per dag, sewe dae 'n week aan die gang en daar word dikwels van hotelbestuurders verwag om meer tyd as die tradisionele 40-uur week aan hul werk te wy. Gaste mag op ongereelde tye aankom of vertrek of versoeke rig en eise stel wat nie altyd kantoorure in ag neem nie. Dis 'n baie algemene gebruik in die gasvryheidsbedryf om oor naweke en nagskof te werk. Diegene wat belangstel, sal absoluut toegewyd aan hul loopbane moet wees. Spesiale gebeure of konferensies verg 'n ander reeks pligte van bestuurders in die bedryf. Hulle is dikwels daarvoor verantwoordelik om te verseker dat konferensies glad verloop en word geblameer as daar probleme is. Dis dus vanselfsprekend dat die vermoë om veelvuldige take gelyktydig te doen 'n definitiewe voordeel in hierdie loopbaan is.

In hierdie spesialisgebied, soos in alle ander, word groot klem op entoesiasme en professionalisme geplaas en daar word gehoop dat die gasvryheidsbedryf 'n positiewe beeld van Suid-Afrika kan uitbou met verreikende voordele vir die land se ekonomie. Raak betrokke, of dit nou by 'n grootskaalse hotelketting of die voedsel- en dranksektor van die bedryf is, of selfs die bestuur van 'n gastehuis of wildplaas in privaat besit. Die moontlikhede is waarlik eindeloos.

 

Deur Sunette Mynhardt





All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan