My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

 Back   Print  Bookmark


Maak jou eie Kaartjies

Om 'n handgemaakte groete-kaartjie vir iemand te gee word baie meer populêr as om die baie duur en dikwels afgesaagde groete-kaartjies te koop wat ons in die winkels kry. Afgesien van die verminderde uitgawe om jou eie groete-kaartjie te maak, hou hierdie stokperdjie baie ander voordele in. Jy sal nooit op die laaste oomblik hoef rond te jaag op soek na 'n geskikte groete-kaartjie vir 'n "vergete" gebeurtenis nie, omdat jy altyd 'n kreatiewe en uitsonderlike kaartjie byderhand sal hê, wat perfek pas by 'n spesifieke persoon op 'n spesifieke geleentheid. Van 'n Gelukkige Verjaardag-kaartjie vir ouma, tot 'n Gelukkige Sekretaresse Dag vir jou kollega – die kategorieë en keuses is eindeloos.

Vinnig en eenvoudig

Om kaartjies te maak is ook 'n wonderlike stokperdjie vir iemand wat baie besig is, maar ekstra geld moet verdien. Om 'n groete-kaartjie te maak sal slegs sowat 15 minute van jou tyd neem, en jy kan dit omtrent enige plek maak – in 'n koffie winkel, in die gerief van jou eie huis terwyl jy TV kyk, of wanneer jy vriende besoek. Om die waarheid te sê, kan jy jou vriende aanmoedig om saam met jou hierdie lekker tydverdryf te beoefen.

Oorspronklik en spesiaal

'n Oorspronklike handgemaakte groete-kaartjie sal, sonder twyfel, 'n kosbare herinnering word vir gesinslede en vriende. Mense waardeer die moeite, liefde en sorg wat ingaan in die maak van iets besonders, net vir hulle. Om 'n kaartjie te ontwerp vir 'n spesifieke persoon, wat toepaslik is vir 'n betekenisvolle gebeurtenis, sal werklik 'n lieflike verrassing wees en wys hoeveel jy omgee.

Ditjies en datjies

Dit is ook baie maklik om groete-kaartjies te maak, en jy het waarskynlik reeds by jou huis meeste van die materiaal wat jy benodig. Vir 'n basiese tuisgemaakte kaartjie, benodig jy: papier, 'n skêr, gom, kleurpotlode of viltpenne, en enige ander klein kreatiewe goedjies of mooi-maak tierlantyntjie wat jy kan gebruik, soos plakkertjies en glansstof.  Selfs strikkies, knope, blare en sand kan gebruik word.

Woorde wat begeester

Wanneer jy aanvanklik hierdie stokperdjie begin, mag jy dit heel oorweldigend vind om die regte woorde vir 'n spesifieke persoon of geleentheid te vind, maar wat so wonderlik is van kaartjies maak is dat daar absoluut geen vasgestelde reëls is vir die maak van jou eie persoonlike groete-kaartjies nie. Jy kan jou kaartjies snaaks, vol kwinkslae, elegant of modieus maak – die keuse is joune. 'nGoeie manier om die regte bewoording te vind is om, byvoorbeeld, inspirasie te put uit die lirieke van 'n populêre of betekenisvolle liedjie, uit 'n gedig, 'n bekende aanhaling, of, selfs beter, jy kan jou kreatiwiteit op die proef stel en jou eie woorde, versies of rympies skryf, om genot te verskaf aan die persoon wat die kaartjie ontvang.

Beloning

Om kaartjies te maak is 'n ontspannende en prettige stokperdjie wat deur mense van alle ouderdomme geniet kan word. Selfs beter as dit, is dat dit jou die geleentheid bied om van jou tydverdryf 'n lonende besigheid te maak. Amper almal gee kaartjies vir verjaardae, troues, 'n doop, herdenkings, om dankie of totsiens te sê – enigiets onder die son – en omdat kaartjies wat in winkels gekoop word so duur is, is mense meer as gewillig om vir 'n kaartjie te betaal wat persoonlik en oorspronklik is.

Kom aan die gang

Daar is soveel maniere waarop jy jou skeppings kan bemark. Sommige idees wat jy kan gebruik is om 'n klein tafeltjie by 'n handwerkmark op te stel om jou uitsonderlike kunswerke uit te stal en te verkoop; om die woord te versprei dat jy trou-uitnodigings wil ontwerp, of selfs om werkwinkels te gee oor die maak van kaartjies by huise, gemeenskapsale, of by kinderpartytjies. Jy kan ook klaargemaakte mooimaak goedjies verkoop vir handgemaakte kaartjies, of hulle in 'n "tuisgemaakte kaartjie-stel" verkoop.

Nog 'n opsie is om jou handgemaakte kaartjies op e-bay.com of ander webwerwe vir handwerk te verkoop, of jou eie webblad op te stel wat jou pragtige, uitsonderlike tegnieke vertoon. Jy sal ook aanlyn handwerkmarkte, winkelsentrums, gidse en ander behulpsame plekke vind, waar jy jou kaartjies kan verkoop. Die Internet sal aan jou baie inligting verskaf oor hoe om ? niche in die mark te kry.

Soos jy kan sien, is daar werklik baie handwerkgeleenthede en besigheidsvooruitsigte. 'n Kombinasie van verbeelding en motivering sal verseker dat jy 'n oorvloed van geleenthede vind om jou kreatiewe talente tot uiting te bring en terselfdertyd 'n inkomste te verdien.

Chantelle Gradidge 





All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan