My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Ek

 Back   Print  Bookmark


Doen aansoek vir ‘n Paspoort

Suid Afrikaners hou daarvan om te reis.  Inderdaad, dit het min of meer tradisie vir jongmense wat pas skool verlaat het geword om vir’n tydperk in die buiteland te gaan rondreis, alvorens hulle verdere tersiëre opleiding aanpak.

Dit is noodsaaklik om oor 'n paspoort te beskik wanneer jy beplan om buiteland toe te gaan.  Dit is baie soos jou ID boekie in dié sin dat dit bewys van jou identiteit aangee, maar dit dui ook van watter land jy afkomstig is, en is ook 'n verklaring dat jy 'n wettige burger van daardie spesifieke land is.  Jy sal nie in 'n vreemde land sonder 'n paspoort toegelaat word nie.

Wat is 'n paspoort?

'n Paspoort is 'n formele dokument of sertifikasie wat deur 'n nasionale regering uitgereik word, en wat die draer daarvan as 'n burger van daardie spesifieke staat identifiseer.  Dit vra toestemming in die naam van die soewereine, of regering van die uitreikende land dat die draer toegelaat word om ander lande binne te gaan, of te verlaat.  Paspoorte bevat gewoonlik die draer se foto, handtekening, geboortedatum, geslag, nasionaliteit, en soms ook ander wyses van individuele identifikasie.  Baie lande is tans in die proses om biometriese gegewens vir hulle paspoorte te ontwikkel om verder te bevestig dat die persoon wat die paspoort aanbied, die wettige houer daarvan is.

'n Paspoort self gee die paspoort houer nie aanspraak om 'n ander land binne te gaan nie, en dit bied ook nie konsulêre beskerming, of ander voorregte, terwyl die persoon in die buiteland verkeer in die afwesigheid van internsaionale ooreenkomste nie.  Maar dit gee die paspoort houer egter die reg om na die land terug te keer wat die paspoort uitgereik het.  Regte tot konsulêre beskerming hang van internasionals ooreenkomste af, en die reg om terug te keer word in die wette van die uitreikende land bevat.

Paspoorte bestaan reeds in verskillende soorte vorms vir honderde jare.  Regerings het lank gelede geleer dat 'n amptelike dokument, of sertifikasie, een wat 'n reisiger as burger met 'n reg tot beskerming terwyl hy of sy in die buiteland verkeer, en die reg om tot dsy/haar land van burgerskap terug te keer, 'n absolute noodsaaklikehid is.  Paspoorte, reisbriewe en soortgelyke dokumente is eeue lank gebruik om individue toestemming te verleen om veilig in vreemde lande te reis, maar die aanvaarding van die paspoort deur alle volkere was 'n ontwikkeling van die 19de en 20ste eeue.

Hoe doen ek aansoek?

Daar is verskeie soorte paspoorte om voor aansoek te kan doen, afhangende van die presiese vereistes, maar die een wat jy waarskynlik die meeste sal benodig is die toeriste paspoort; en wanneer jy met 'n kind van onder die ouderdom van 16 reis, sal die kind 'n kinder paspoort benodig, of moet die kind by die ouer se paspoort ingesluit word.  Indien 'n kind buite-egtelik gebore word, word slegs die biologiese moeder se toestamming vereis.  Die relevante stappe om aansoek te doen is as volg:

Neem jou grien ID boekie na die naaste kantoor van die Departement vir Binnelandse Sake.  Die nuwe tarief vir 'n toeriste paspoort (32 bladsye) is R190; en vir 'n kind se paspoort, R145.  Jy benodig twee identiese kleurfotos wat jy soms by die Departement van Binnelandse Sake kan koop, alhoewel dit raadsaam is om hulle vooraf te verkry.

Voltooi die BI-73 vorm wat by die kantore van die Departement van Binnelandse Sake verkrygbaar is, of op hulle webtuiste.

Binnelandse Sake beamptes sal jou vingerafdrukke neem.  Wanneer jy betaal het, sal die beampte aan diens jou 'n geskatte tyd vir verwerking gee – gewoonlik 8 – 12 weke.

Wanneer daardie periode verstreke is, kan jy bel om te hoor of jou paspoort afgelewer is, al dan nie, of jy kan die vordering van jou paspoort op die webtuiste,
www.home-affairs.gov.za  volg.  'n Toeriste paspoort is vir tien jaar geldig, en dié vir 'n kind geldig vir vyf jaar.  Wanneer die paspoort verstreke is, sal jy vir 'n nuwe een aansoek moet doen.

Aanhalings:

Inderdaad, dit het min of meer tradisie vir jongmense wat pas skool verlaat het geword om vir’n tydperk in die buiteland te gaan rondreis, alvorens hulle verdere tersiëre opleiding aanpak.

Regerings het lank gelede geleer dat 'n amptelike dokument, of sertifikasie ... 'n absolute noodsaaklikehid is. 

Sunette Mynhardt

Gedruk in die digiale Oktober 2009 uitgawe van My Loopbaan





All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan