My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

 Back   Print  Bookmark


- Hoof Wildbewaarder

- Plekbespreker

- Reis Konsultant

- Toer Gids

- Toeriste-agent

Reis en Toerisme

Die reis- en toerisme-bedryf is een van die wêreld se grootste werkgewers en bied baie opwindende beroepe met nimmereindigende avonture en aktiwiteite.

Al is daar soveel negatiewe publisiteit met betrekking tot misdaad in Suid-Afrika, bloei die reis- en toerisme-bedryf steeds in ons land. En met die 2010 hoogtepunt om die draai, is daar geen beter tyd om die reis-en toerisme-bedryf te betree as juis nou nie.

Alhoewel 'n erkende kwalifikasie jou beslis sal help om werk in die reis- en toerisme-bedryf te kry, kyk werkgewers ook vir kwaliteite soos 'n liefde vir reis, entoesiasme, vriendelikheid, 'n uitgaande persoonlikheid, 'n goeie voorkoms, interkulturele vaardighede en 'n gawe vir bemarking, skakelwese en openbare optrede. Die vermoë om ander tale te kan praat is 'n geweldige voordeel in hierdie bedryf.

Werk in reis en toerisme

Toeriste-agente berei skedules voor en reël akkommodasie en ander reisdienste vir kliënte - gewoonlik 'n reisagentskap. Hulle bespreek die besonderhede met kliënte om die eindbestemming, tipe vervoer, reisdatums, finansiële kwessies en akkommodasie voorkeure te bepaal. Hulle voorsien kliënte van brosjures wat reisinligting bevat oor die plekke wat hulle gaan besoek, soos geldeenhede of besienswaardighede. 

Hulle bereken ook die kostes van reis en akkommodasie en kwoteer kostes vir groep toere. Toeriste-agente moet goeie bemarkings- en skakelvaardighede aan die dag lê. Baie van hulle verkies om in 'n spesifieke veld te spesialiseer, soos óf buitelandse óf binnelandse reis, individuele of groep reise, reis na 'n spesifieke geografiese gebied of groep toere. 

Die pligte van hoofwildbewaarders verskil heelwat - gewoonlik volgens die grootte van die park waar hulle werk. Behalwe vir die gewone bestuur en beheer van wildritte en ander aktiwiteite in die park, verskaf hulle ook besonderhede oor, byvoorbeeld, veiligheidsvereistes of plekke van belang aan besoekers. 

Hulle moet streng optree wanneer besoekers of werkers die wette en regulasies van die park oortree. Daarbenewens is hulle ook verantwoordelik vir die daarstelling van brandbeveiligingstrategieë; eerstehulp- en reddingsaktiwiteite; die opleiding en toesighouding van park werkers op verskeie gebiede, sowel as administratiewe verantwoordelikhede, soos die opstel van verslae oor aktiwiteite in die gebied en die byhou van park opgawes.  

'n Grond waardin sien na die passasiers om wanneer hulle by die besprekingskantoor inbespreek het totdat hulle aan boord die vliegtuig stap.  Hierdie werk behels verskeie toonbank dienste; help passasiers deur vrae oor immigrasie en doeane formaliteite te beantwoord; kontroleer die passasierslys en uitreiking van passe om aan boord te stap.

Vlug begeleiers – voorheen as kajuit bemanning bekend – is daarvoor verantwoordelik om na die gerief en veiligheid van al hulle passasiers tydens die vlug om te sien.  Hulle doen dit deur alle nood prosedures duidelik te demonstreer alvorens die vliegtuig vertrek, en hulle bedien verversings tydens die vlug.  Vlug begeleiers word as ambassadeurs van hulle redery en hulle land gesien, veral dié wat internasionaal vlieg.

Die Lughawe bestuurder moet kennis van lugvervoer dra en die verhouding daarvan met ander vorms van vervoer wat die lughawe dien.  Hierdie is 'n moeilike werk, daar dit onder andere die personeel se welsyn insluit, en te verseker dat almal opgelei is om die lughawe se bedrywighede gladweg te laat verloop.

Werk by vakansie bestemmings

'n Veldwagter beoefen die plig van wildlewe te bestuur.  Hy beskerm gebiede soos wildtuine of wildlewe instansies in terme van gebieds integriteit en en veiligheid van daardie gebied.  Veldwagters staan ook as 'wildbewaarders' en 'veldgidse' bekend.

'n Tolk word ook na verwys as 'n 'vertaler.'  Hierdie is 'n belangrike loopbaan in die Reis en Toerisme nywerheid, met miljoene buitelanders wat Suid Afrika besoek.  Tolke is vlot in twee of meer tale, en hulle pligte sluit al die historiese en kulturele inligting oor toeriste bestemmings in.

Toer gidse vergesel reisigers op georganiseerde toere soos die Kontiki Toere.  Hulle verskaf diens en leiding in 'n spesifieke plek, en vervul ook dikwels die rol van tolk of vertaler.  Toer gidse verskaf historiese en kulturele inligting oor hulle vakansie bestemming aan besoekers.Reis- en toerisme-verenigings 

GTA

Die missie van die Gautengse toerisme-gesag (GTA) is om volhoubare toerisme-ontwikkeling en bemarking in Gauteng-provinsie te stimuleer, te koördineer en te fasiliteer, ten einde 'n wêreldklas bestemming daar te stel wat besigheids- en ander toeriste lok, ons mense sal bevoordeel en tot ekonomiese groei sal bydra. www.visitgauteng.net

SAMGA

Die Suid-Afrikaanse berggidsvereniging (SAMGA) is 'n vrywillige vereniging van berggidse en bergklim instrukteurs wat daargestel is om professionele gidsdienste vir die groeiende aantal oorsese en plaaslike kliënte in Suid-Afrika se bergagtige gebiede te verseker.

Die beweegredes vir hierdie organisasie is die versterking en formalisering van die berggids beroep in suider-Afrika en die voorsiening van opleiding in hierdie bedryf. Die doelstelling is om gehalte-diens en veiligheidstandaarde in die berggids bedryf te verbeter. www.mcsa.org.za

NTGASA

Die nasionale toeriste-gidsvereniging van Suid-Afrika (NTGASA) verteenwoordig die toeriste-gidskorps van die toerisme-bedryf op beide provinsiale en nasionale vlak. Hierdie vereniging verseker die daarstelling van toepaslike programme en ingrypings deur omvattende en doeltreffende verteenwoordiging en professionalisme. Die doel hiervan is die handhawing van gedefinieerde maatstawwe, standaarde en voorwaardes van die toeriste-gidssektor en sy lede in die Republiek van Suid-Afrika. ww.guidessa.org

ASATA

Die vereniging van Suid-Afrikaanse reisagente (ASATA) is 'n nie-winsgewende vereniging wat die belange van Suid-Afrikaanse reisagente sedert 1956 verteenwoordig. ASATA bevorder integriteit en sekuriteit in sy hantering van ASATA-lede. ASATA het ook bykans 200 assessor vennote, insluitend maatskappye in die lugredery-, hotel- en motorverhuringsbedrywe, en ander verskaffers en bedryfsvennote. ASATA ondersteun vryhandel sonder die oortreding van reëls en regulasies. www.asata.co.za 

CTA

Die gemeenskapstoerisme-vereniging (CTA) is 'n onafhanklike selfhelpgroep van gemeenskapstoerisme-organisasies, toerisme-inligtingskantore en distrikmunisipaliteite, wat almal betrokke is by die implementering van toerisme op plaaslike en streekvlak in die Republiek van Suid-Afrika. Gemeenskapstoerisme-organisasies is voorsieners van toerisme-inligting aan plaaslike en oorsese toeriste en implementeer toerisme-strategieë op plaaslike vlak.  

Die CTA is die oorkoepelende liggaam vir sy groeiende ledetal en koppel hierdie belangrike voetsoolvlak komponente aan die toerisme-ontwikkelings en bemarkingsplanne van streeks- en provinsiale owerhede. Dit is 'n lewenskragtige ondersteuningsgroep wat sy geregistreerde lede van raad bedien. www.ctasa.kzn.org.za

THETA

Die "Tourism, Hospitality and Sport Education and Training Authority (THETA)," is die Sektor Opvoeding en Opleiding Owerheid (SOOO/SETA) wat onder die Vaardigheid Ontwikkeling Wet (97 van 1998 – die sogenaamde Vaardigheidswet) vir die Toerisme, Gasvryheid en Sport Ekonomiese Sektor gestig is.  SOOO se hoof funksie is om tot die opheffing van vaardighede by te dra, om vaardigheide aan die werkloses te leer, of diegene wat graag wil werk, in hulle sektor op te neem.

http://www.theta.org.za

TBCSA

Die Toerisme Besigheidsraad van Suid Afrika (TBRSA/TBCSA) is die stem van die toerisme besigheid sektor wat in toerisme betrokke is.

http://www.tbcsa.org.za/

VGVSA/FGASA

Die Veld Gids Vereniging van Suidelike Afrika (VGVSA/FGASA) is 'n sonder-wins organisasie wat individuele veldgidse, spoorsnyers en organisasies verteenwoordig wat professionele veldgids dienste aan lede van die publiek bied.  VGVSA se doelwit is om 'n kultuur van professionele leiding te bevorder wat op 'n sterk etiese, goed-ingeligde en veiligheids bewuste benadering gebaseer is om die besoeker aan die Afrika bos 'n aangename en onvergeetlike ondervinding te verskaf.

http://www.fgasa.org.za/  

SATDSA/ SATSA

Die Suid Afrikaanse Toerisme Diens Vereniging (SATDSA/SATSA) is 'n lede-aangedrewe vereniging wat die private sektor van die inkomende toerisme nywerheid in Suidelike Afrika verteenwoordig.  SATDSA is 'n sonder-wins organisasie, daaraan toegewyd om die hoogste standaarde moontlik in die toerisme bedryf in Suid Afrika te voorsien en onderhou.

http://www.satsa.co.za

Vir meer inligting oor werk in die reis- en toerisme-bedryf, kyk asseblief na die September 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Chantelle Gradidge





All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan