My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

 Back   Print  Bookmark


Kriminologie

Kriminologie is die studie van misdaad, misdadigers, maatskaplike orde en maatskaplike beheer.  Studente van kriminologie bekom 'n in-diepte begrip van die ingewikkeldhede van misdadige en ander afwykende gedrag, die gemeenskap se reaksie op misdaad, en misdaad voorkoming.  Hierdie onderwerp dek die wetenskap van misdaad getalle, redes of oorsake van misdaad pleging – in groepe sowel as individue – asook as profiele van oortreders en slagoffers.

Hierdie is 'n studieveld wat misdaad vanuit 'n wetenskaplike standpunt benader.  Diegene wat navorsing op hierdie gebied doen, fokus op misdaad, hoe en waarom dit voorkom, sowel as die gevolge daarvan.  Dit sluit die ondersoek van bewysstukke in, oorerflike en psigologiese oorsake van misdaad, skuldigbevinding en doeltreffendheid van straf of tugtiging.  Studente bekom ook kennis van die kriminele regstelsel, sowel as 'n wye veld van ondervinding en interpersoonlike vaardighede.

Kursusse in kriminologie dek inligting wat uit die gedragswetenskappe geneem is, soos sosiologie en psigologie, en sluit reg – kriminele sowel as grondwetlike reg - in.  Ingesluit by hierdie studies kan kursusse in jeug misdaad, kriminele teorie, forensies, korrektiewe en statistiek aangebied word.

Sommige modules in die vak van kriminologie sluit die volgende in: veroorsaking, verduideliking, bekamping en reaksie tot misdaad; persoonlike, maatskaplike en omgewings misdaad persepsies; viktimisasie; hedendaagste misdaad vraagstukke; en navorsings metodologie, insluitend die skryf van verslae.

Kriminologie addresseer nie slegs onderwerpe rakende misdaad nie, maar ook wetstoepassing, hof- en korrektiewe stelsels en vraagstukke verwant aan openbare beleid, en politieke besluite aangaande misdaad en misdaad beheer.  Met ander woorde, kriminoloë ontleed die hele kriminele regstelsel en sy prosesse.

Daar is 'n wye verskeidenheid van interessante en opwindende werksgeleenthede vir studente wat 'n graad in kriminologie ontvang.  Die onderwerp van kriminologie voorsien 'n goeie basis vir loopbane in die polisie, gevangenisdienste, regte, sosiale werk, besighede wat in die vermindering van bedrog betrokke is, en selfs menseregte agentskappe.

Om 'n kriminoloog te wees moet mens in menslike heil en gedrag belangstel.  Jy moet ook 'n goeie mededeler en luisteraar wees.  Eerstevlak kriminoloë doen data insameling, proefverslae, rekenaar werk, en stel misdaad statistieke op.  Hulle ontleed en ontwikkel ook misdaad voorkoming strategieë.

Omdat kriminoloë die oorsake van misdaad ontleed, en hoe misdaad die gemeenskap raak, sal hulle moontlik in misdaad ondersoek tonele betrokke raak, en selfs lykskouings bywoon om bewyse en inligting te bekom, en om die omstandighede rondom die misdaad te ondesoek.

'n Kriminoloog mag dalk op spesifieke ouderdomsgroepe, of op spesifieke tipes misdade fokus.  Hulle sal dalk op misdaadvoorkoming fokus, die proses van 'n misdaad toneel ondersoek, proses van kriminele prosedures en hofsake, of die proses van kriminele regstellings, of hulle kan in organisasionele navorsing spesialiseer, slagoffer studie, handelsmisdaad of jeug justisie.

Universiteite en regerings agente maak van professionele kriminoloë se dienste gebruik vir gevorderde opleiding en navorsing. Kriminoloë word ook in verskeie omgewings gebruik, soos lughawe sekerheid, korrektiewe stelsels, toesig of parool offisiere, en sommige werk in die rol van private ondersoekers of sekerheidspersoneel.

Indien jy ontledend kan dink, in die kriminele regstelsel belangstel en dit geniet om probleme op te los, bestaan daar 'n wye reeks moontlikhede en opsies in daadie studieveld.

Chantelle Capper





All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan